Huisboot

'n Huisboot op Union-meer in Seattle, Washington, VSA.
'n Huisboot, Mississippi, USA
'n Drywende huis op die Amasone, Iquitos, Peru.
'n Huisboot op Ashtamudi-meer in die stad Kollam, Indië.

'n Huisboot (anders as 'n boothuis, wat 'n skuur is om bote in te bêre) is 'n boot wat ontwerp of aangepas is om hoofsaaklik as 'n tuiste gebruik te word. Party huisbote het nie enjins nie omdat hulle gewoonlik vasgemeer is en stil dryf op 'n bepaalde punt, vasgemaak aan land om dinge soos water en elektrisiteit te kan ontvang. Baie is egter in staat om met hul eie krag te beweeg. 'n Vlothuis is 'n Kanadese en Amerikaanse woord vir 'n huis op 'n vlot.[1]

Die gebruik van 'n huisboot is 'n baie gewilde tydverdryf vir groepe mense van alle ouderdomme, op allerhande verskillende huisbote, wat wissel van meer beskeie soorte van 10 meter lank, tot uiters luukse bote van 21 meter. Van die aanloklikhede van 'n huisboot is dat jy die plaaslike omgewing beter kan leer ken en naby kan bly aan ander buitemuurse aktiwiteite soos stap, skibootry en op die strand wees. Dit bied ook die vryheid om op die ingewing van die oomblik te besluit jy wil jou woonkwartiere verskuif.

  1. Parry, M. H. (2000).

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search